Voorwoord

Ek is nou al goed keelvol om vir tegnies gestremdes en telekommunikasie belanghebbendes te verduidelik dat radiofrekwensie radiasie wel skadelik vir ons is. Daar is altyd daardie redenasies van een of ander snuiter wat net ‘n klomp twak braak, sonder enige kennis van die onderwerp, en ‘n klomp jabroers wat saam sing.

Verder dink ek ook dat dit baie oneties van sogenaamde “tekkies” van sekere tydskrifte is, om blatant op nasionale TV te sê dat 5G absoluut geen gevaar inhou nie.

Hier is nuus vir jou i.v.m. die gevare van radiofrekwensie radiasie, en jou inner drang na vinniger internet.

Onvoldoende Riglyne

Ajita Pia, die voorsitter van die Federale Kommunikasie Kommissie (FCC) in Amerika, het die 8st Augustus 2019,  in ‘n persverklaring [1] gesê dat hul die radiofrekwensie bestraling riglyne wat in die 1990’s daargestel is,  herbevestig het. Hierdie riglyne is gebaseer op die gedrag verandering by rotte [2] wat aan mikrogolfstraling blootgestel is, en is ontwerp om ons te beskerm teen die verhitting wat veroorsaak word deur die blootstelling van hierdie radiogolwe [3].

  1. https://docs.fcc.gov/public/attachments/DOC-358968A1.pdf
  2. https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmed/21999884
  3. Nominations from FDA’s Center from Device and Radiological Health

Hierdie FCC riglyne, grotendeels gebaseer op navorsing in die 80’s en 90’s, is egter onvoldoende, want daar is 1000’de eweknie-geëvalueerde studies [4] wat gevind het dat daar skadelike biologiese- en gesondheidseffekte is, al is daar geen verhittings effek nie.

  1. Peer-Reviewed Scientific Papers on Electromagnetic Fields and Biology or Health

Internasionale Appèl

Meer as 240 wetenskaplikes wat hierdie eweknie-geëvalueerde navorsing oor die biologiese- en gesondheidseffekte van nie-ioniserende elektromagnetiese velde (EMF) gepubliseer het, het die “International EMF Scientist Appeal[5] onderteken. Hierdie appèl doen ‘n beroep op strenger reëls en  maak die volgende stellings:

“Verskeie onlangse wetenskaplike publikasies het getoon dat EMF lewende organismes beïnvloed op vlakke wat ver onder die meeste internasionale en nasionale riglyne is. Effekte sluit in ‘n verhoogde kanker risiko, sellulêre spanning, toename in skadelike vrye radikale, genetiese skade, strukturele en funksionele veranderinge van die voortplanting stelsel, leer- en geheue-tekorte, neurologiese afwykings en negatiewe gevolge vir algemene welstand by mense. Verder is daar ook al hoe meer bewyse dat die skadelike gevolge ook op plant- en dierelewe van toepassing is.”

  1. The International EMF Scientist Appeal

Die wetenskaplikes wat hierdie appèl onderteken het, vorm waarskynlik die meerderheid van al die kundiges in die studieveld van nie-ioniserende bestraling en die gevolge wat dit inhou. Hul het meer as 2000 artikels en briewe oor EMF in vaktydskrifte gepubliseer.

Sein Eienskappe

Die FCC se radiofrekwensie radiasie blootstellingslimiete reguleer die intensiteit van die blootstelling, inagneming met die frekwensie van die draer golwe, maar ignoreer al die ander sein eienskappe van die radiofrekwensie radiasie. Die patroon, tydsduur van blootstelling verhoog en ander eienskappe (bv. pols, polarisasie) verhoog die biologiese en gesondheid impak [6] van hierdie blootstelling. Nuwe blootstellingslimiete is inderdaad nodig om die effekte hiervan te reguleer. Boonop moet hierdie limiete gebaseer wees op ‘n biologiese effek [7] , nie net ‘n verandering in die gedrag van ‘n laboratorium rot nie.

  1. DNA damage induced by mobile telephony and other types of electromagnetic fields
  2. Electromagnetic fields and health: DNA-based dosimetry

Navorsing oor Kanker

In 2012, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se Internasionale Agentskap vir Navorsing oor Kanker (IARC), radiofrekwensie radiasie geklassifiseer dat dit moontlik kanker opwekkend is vir mense [8] . In ‘n US$30 miljoen studie wat deur die Amerikaanse nasionale toksikologie-program (NTP) uitgevoer is, is daar duidelike bewys dat twee jaar se blootstelling aan selfoon radiofrekwensie radiasie, kanker by manlike rotte verhoog en DNA van manlike en vroulike rotte [9] en muise [10] beskadig. Die Ramazzini-instituut in Italië het die sleutel bevindings van die NTP herhaal met behulp van ander draer golwe en teen selfs ‘n baie swakker blootstelling.

  1. IARC Classifies Radiofrequency Electromagnetic Fields
  2. Toksikologie en karsinogenese studies op rotte (900 MHz)
  3. Toksikologie en karsinogenese studies op muise (1900 MHz)

Voldoende Bewyse

Op grond van die navorsing wat sedert 2011 gepubliseer is, het die Internasionale Agentskap vir Navorsing oor Kanker (IARC) onlangs voorkeur begin gegee aan radiofrekwensie radiasie, en dat dit binne vyf jaar weer hersien moet word. Aangesien baie elektromagnetiese veld (EMF) wetenskaplikes nou glo dat daar voldoende bewyse [11] is om radiofrekwensie radiasie as ‘n waarskynlike of bekende menslike karsinogeen te klassifiseer, sal die IARC waarskynlik die kankerwekkende aard van radiofrekwensie radiasie in die nabye toekoms bewerk.

  1. Evaluation of Mobile Phone and Cordless Phone Use and Glioma Risk

Die 5de Generasie

Die nuutste sellulêre tegnologie, 5G, sal vir die eerste keer millimeter golwe (24.25 GHz –  52.6 GHz) gebruik [12] .

  1. Fig 1: Kandidaat frekwensies vir 5G

Hierdie golwe het ‘n baie hoër frekwensie as die mikrogolwe wat tans gebruik word deur die ouer sellulêre tegnologieë soos:

  • 2G (800 MHz, 850MHz / 900 MHz, 1800 MHz),
  • 3G (850MHz, 1700MHz / 900 MHz, 2100 MHz)  en
  • 4G (600 MHz, 700 MHz, 1.7/2.1 GHz, 2.3 GHz, en 2.5 GHz).

Omdat hierdie millimeter golwe ‘n beperkte reikafstand het, moet 5G sel antennes elke 100 tot 200 meter ontplooi word, en dit sal baie mense blootstel aan millimeter-golf-bestraling.

Verwarring

Hierdie digte 5G radio ontplooiing en hul millimeter golflengtes moet ook nie verwar word met die 5G- “backhaul” frekwensies van 450 MHz tot 6 GHz nie. Daar is so groot mengelmoes van 5G frekwensies, dat enige leek ‘n rat voor die oë gedraai kan word deur te gryp of te verwys na net een of twee van hierdie magdom frekwensies. Die “backhaul”, wat torings met mekaar verbind, is die frekwesies laer as 6 GHz, en die berugte millimeter golwe, is daardie bokant 20 GHz.

Blootstelling

5G gebruik ook nuwe tegnologieë soos byvoorbeeld aktiewe antenna “beam-forming”, “phased arrays” en massiewe veelvuldige insette en uitsette, bekend as “massive MIMO”. Hierdie nuwe tegnologieë hou unieke uitdagings in vir die meting van verskillende soorte blootstelling en die kombinasies daarvan.

Millimeter golwe dring net ‘n paar millimeter in die menslike vel in en word ook opgeneem deur die oppervlak lae van die kornea (oog). Blootstelling op kort termyn kan nadelige fisiologiese gevolge hê in die perifere senuweestelsel, die immuunstelsel en die kardiovaskulêre stelsel. Die navorsing dui daarop dat langdurige blootstelling gesondheidsrisiko’s vir die vel (bv. Melanoom), die oë (bv. Okulêre melanoom) en die testes (bv. Steriliteit) kan inhou.

Geen Navorsing

Aangesien 5G ‘n nuwe tegnologie is, is daar geen navorsing oor gesondheidseffekte nie. Om  ‘n Amerikaanse senator aan te haal:

“so we are flying blind”

Ons het egter baie bewyse oor die skadelike gevolge van 2G en 3G.
Oor die gevolge van blootstelling aan die 10 jaar oue 4G, is min bekend, omdat regerings nie genoeg geld gehad het om hierdie navorsing te befonds nie.

Selfoonbestraling

Intussen sien ons toenames in sekere soorte kop- en nek gewasse in gewas registers, wat moontlik gedeeltelik toegeskryf kan word aan selfoonbestraling. Hierdie verhogings stem ooreen met die resultate uit gevallestudie-ondersoeke van gewas risiko by swaar selfoongebruikers.

Die Toekoms

5G sal nie 4G vervang nie; dit sal 4G vergesel vir die nabye toekoms en moontlik ook oor die langtermyn. As daar sinergistiese effekte is van gelyktydige blootstelling aan verskeie soorte radiofrekwensie radiasie, kan ons algemene risiko vir skade deur radiofrekwensie radiasie aansienlik toeneem. Kanker is nie die enigste risiko nie, aangesien daar aansienlike bewyse is dat radiofrekwensie radiasie neurologiese afwykings en reproduktiewe skade veroorsaak, waarskynlik as gevolg van oksidatiewe spanning.

Wat nou?

As ‘n samelewing, moet ons honderde miljoene Rande belê in die uitrol van 5G, ‘n sellulêre tegnologie wat die installering van 100de duisende sel antenne naby ons woon, werk en speel plek insluit?

In teendeel, ons behoort die aanbevelings van die 250 wetenskaplikes en mediese dokters wat die 5G-appèl onderteken te ondersteun.  Hierdie appèl vra vir ‘n onmiddellike moratorium op die ontplooiing van 5G en eis dat regerings die navorsing befonds wat benodig word om biologiese-gebaseerde blootstellingslimiete in te stel wat ons veilig en gesond hou.

Ten Laaste

Hier afblaas sessie kan nog talle blaaie langer wees. Ek het nie eers gepraat oor ons “expat” Mr Musk nie. Klink Starlink nie vir jou soos iets uit ‘n Arnold Schwarzenegger fliek nie? Nee, inteendeel, dis SpaceX se 45000 lae aarde wentelbaan (550km) satelliete wat ‘n kokon om die aarde vorm en ook van 5G gebruik maak.

Hoe sterk dink jy is hierdie seine?

Na al die feitlike leesstof hierbo, kan jy die leser, nog steeds so naïef wees om te dink dat al hierdie frekwensies onskadelik is, en geskep word net vir jou eie aardse plesiertjie?

Capish

Money talk, people are sheep, and technology do not care a rats ass about your health.

In hierdie tegnologie rot resies sonder voldoende reëls, gaan die mensdom letterlik die rot se gat sien.

Goodies

Figuur 1: Kandidaat frekwensies vir 5G soos geïdentifiseer in WRC15
Tabel 1: Frekwensies
Band name Abbr ITU band Frequency and wavelength Example uses
Tremendously low frequency TLF < 3 Hz
> 100,000 km
Natural and man-made electromagnetic noise
Extremely low frequency ELF 3 – 30 Hz
100,000 km – 10,000 km
Communication with submarines
Super low frequency SLF 30 – 300 Hz
10,000 km – 1000 km
Communication with submarines
Ultra low frequency ULF 300–3000 Hz
1000 km – 100 km
Submarine communication, Communication within mines
Very low frequency VLF 4 3 – 30 kHz
100 km – 10 km
Navigation, time signals, submarine communication, wireless heart rate monitors, geophysics
Low frequenc LF 5 30 – 300 kHz
10 km – 1 km
Navigation, time signals, AM longwave broadcasting (Europe and parts of Asia), RFID, amateur radio
Medium frequency MF 6 300 – 3000 kHz
1 km – 100 m
AM (medium-wave) broadcasts, amateur radio, avalanche beacons
High frequency HF 7 3–30 MHz
100 m – 10 m
Shortwave broadcasts, citizens’ band radio, amateur radio and over-the-horizon aviation communications, RFID, Over-the-horizon radar, Automatic link establishment (ALE) / Near Vertical Incidence Skywave (NVIS) radio communications, Marine and mobile radio telephony
Very high frequency VHF 8 30–300 MHz
10 m – 1 m
FM, television broadcasts and line-of-sight ground-to-aircraft and aircraft-to-aircraft communications. Land Mobile and Maritime Mobile communications, amateur radio, weather radio
Ultra high frequency UHF 9 300 – 3000 MHz
1 m – 100 mm
Television broadcasts, microwave ovens, microwave devices/communications, radio astronomy, mobile phones, wireless LAN, Bluetooth, ZigBee, GPS and two-way radios such as Land Mobile, FRS and GMRS radios, amateur radio
Super high frequency SHF 10 3 – 30 GHz
100 mm – 10 mm
Radio astronomy, microwave devices/communications, wireless LAN, most modern radars, communications satellites, satellite television broadcasting, DBS, amateur radio
Extremely high frequency EHF 11 30 – 300 GHz
10 mm – 1 mm
Radio astronomy, high-frequency microwave radio relay, microwave remote sensing, amateur radio, directed-energy weapon, millimeter wave scanner
Terahertz or Tremendously high frequency THz or THF 12 300–3,000 GHz
1 mm – 100 μm
Terahertz imaging – a potential replacement for X-rays in some medical applications, ultrafast molecular dynamics, condensed-matter physics, terahertz time-domain spectroscopy, terahertz computing/communications, sub-mm remote sensing, amateur radio

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *